Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sy roman Storm Sevenster veroorsaak groot polemiek wanneer die uitgewer Perskor dit oorweeg om in die tyd van streng sensuurwette die boek aan voorsensuur te onderwerp weens veral die eksplisiete seksbeskrywings daarin. Die Afrikaanse Skrywersgilde maak kapsie, waarna 'n skikking tussen die partye bereik word dat die boek nie aan voorsensuur onderwerp sal word nie, maar dat die uitgewer geen kontraktuele verpligtinge het om die boek te bemark of te versprei nie. Die boek word dus gepubliseer, maar was nie in winkels te kry nie. Storm, die hoofkarakter, is 'n doodgewone seun wat alles kry wat sy hart begeer. Op vyftien ontdek hy die digkuns, avant garde literĂªre tydskrifte en ontmoet ook vir Gotlieb, sy homoseksuele mediese digtersvriend. Dit verander sy lewe. Hy begewe hom in opeenvolgende seksuele verhoudings en vergryp hom aan drank op soek na sin. Sy rebelse leefwyse en geesgenote (homoseksuele, seksueel versteurdes, sielsiekes, alkoholiste) maak van hom 'n randfiguur wat deur die samelewing uitgewerp en vernietig word. Die boek word aangebied as ontwikkelingsproses waar Storm hom as geestelike entiteit in sewe verskillende persoonlikhede manifesteer na aanleiding van die Boeddhistiese opvattings.
TITLE: Storm Sevenster SECONDHAND
AUTHOR: Wessel Pretorius
PUBLISHER: Perskor Uitgewery
DATE PUBLISHED: 1984
PLACE PUBLISHED: South Africa
PAGES: 181
BINDING: Hard cover, no dust jacket
LANGUAGE: Afrikaans
DIMENSIONS: 21 x 12.3 x 1 cm
WEIGHT: 0.255 kg