Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
BESKRYWING | 'n Oorspronklike ou Straatnaambord met die naam van POTGIETER WEG en afkomstig van 'n straathoek in Pretoria word hier opgeveil. Die strate in Suid - Afrika wat die name dra van die Afrikanerhelde en ander dinge wat verband hou met die Afrikanerkultuur is besig om vinnig te verdwyn en hierdie straatnaamborde word baie versamelbaar. Baie van hulle word vervang met naamborde wat name bevat van helde van die anti - apartheids vryheidvegters en een van die dae sal daar baie min van die met name van die Afrikanerhelde oor wees. Hier is u kans om 'n Africana item van die 'ou' Suid - Afrika vir u versameling te bekom. Dink net watter mooi en skaars herdenking dit sal wees om in die kroeg of lapa te vertoon en hoe 'n interessante Verjaarsdag - of Kersfeesgeskenk dit sal maak. Die teken is vervaardig uit witgeverfde roesbestande staal met die swart letters op 'n wit reflekterende plakker. DIE STRAATNAAM VERSKYN IN ENGELS OP DIE EEN KANT EN AFRIKAANS OP DIE ANDER KANT. Die afmetings is 16 x 86 cm en die teken weeg 2.48 kg. Dit is dus redelik groot. Dit word verder beskryf deur die 2 afbeeldings wat volg. As u enige vrae het oor die item kan u dit vra deur die 'Ask te seller a question' fasiliteit. |
TOESTAND | Die teken is nog in goeie toestand. Daar is krakies en effense skade op die wit reflekterende materiaal veroorsaak deur baie jare in die buitelug en blootstelling aan reen, son, weer en wind - maar dit dui net aan hoe outentiek hierdie item is wat vir baie jare sy werk op 'n straathoek gedoen het. Verwys asb na die afbeeldings vir toestand aangesien die fotos geneem is van die item hier aangebied. |
Hierdie is 'n baie versamelbare stukkie Africana van 'n tyd wat ons nie weer sal sien nie. Dit is nie vanaf 'n straatpaal gesteel nie, maar is oor die afgelope 30 jaar of so deur die Pretoriase Stadsraad vervang (omdat die straatnaam verander het of omdat die paal waarop die naamplaat was deur 'n verkeersongeluk beskadig is).
DAAR WORD VERSKEIE VERSKILLENDE STRAATNAAMBORDE MET DIE NAME VAN AFRIKANERHELDE OP HIERDIE VEILING OP BID OR BUYAANGEBIED. KYK OOK NA DIE ANDER WANT EK KOMBINEER ITEMS IN PAKETTE VIR AANSTUUR EN AS U MEER AS EEN STRAATNAAMBORD KOOP KOS ELKE ADDISSIONELE NAAMBORD SLEGS R20 OM AAN TE STUUR.
Hierdie is die outentieke ou straatnaambord waarop u bie. Dit is nie 'n replika nie, maar die ware jakob. U sien die voorkant van die naambord hier. Die agterkant van die naambord wat ook die straatnaam bevat. AANSTUURKOSTE DIE NAAMBORD IS BAIE SWAAR EN AANSTUURKOSTE IS R55 IN SUID - AFRIKA (INDIEN U MEER AS EEN KOOP IS DIE AANSTUURKOSTE VIR ELKE ADDISSIONELE EEN R20). VIR ANDER LANDE DIE LUGPOSPAKKET KOSTE PLUS 20%.
|