Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sonder stofomslag maar nog in baie goeie toestand - groen buiteblad - 1938. >>> Die roman betrek hoofsaaklik die gesinslewe van 'n plattelandse boerefamilie waarin vervreemding en die vereensaming van die mens die hooftema vorm. "Die wiele rol en niks kan hul keer nie ... " (p. 219). Hierdie noodlotsgedagte figureer redelik sterk in die roman. Vir Wynand en Dirkie beteken dit skeiding wanneer hulle hul ouers moet verlaat ter wille van skoolopleiding. Later is dit ook wiele wat hul neem na hul vader se lyk - die skeiding is dan finaal. In figuurlike sin is daar ook wiele wat rol, omstandighede wat vervreemding en eensaamheid veroorsaak: die persoonlike geestestryd wat Wynand voer teen 'n obsessionele vrees - godsdiensbelewing speel 'n belangrike rol in die genesingsproses. Die stryd tussen Wynand se ouers en sy vrou Anette, word nooit opgelos nie - dit blyk dat 'n sielkundige afwyking van Wynand se vader hierin 'n rol speel. (Elsabe Howard)
*N.B.* If you buy more than one book from me on the same day you only pay R 6 postage on each additional book – see what else I have to offer, it might be worth your while.