Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Elkeen van ons het 'n rugbystorie. In Stryd van die reuse vertel Michael Green 'n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier. Hy vertel van snaakse goed wat met hom gebeur het as rugbyskrywer, soos die keer toe hy net moes keer toe 'n fotograaf 'n "kannibaal-foto" wou neem. In die boek is daar onderhoude met bekende en vergete rugbyhelde, soos Temba Ludwaba wat op sy dag as die "swart Frik du Preez" beskryf is. Daar is 'n roerende vertelling van die oud-Springbok kaptein Hannes Marais oor 'n spanmaat wat twee keer sy glasoog op die rugbyveld verloor het. Dis maar net 'n paar hoogtepunte uit die lekkerleesboek wat rugbyliefhebbers nie sal kan neersit as hulle di teers begin lees het nie.