Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Protea publishers, 2012, softcover, Afrikaans text, 380 pages, condition: as new.
"Die oorlog. As ons tog net kon weet wat daar buite op die slagveld aangaan. Ons hoor sulke teenstryfige en vergesogte nuus. Nie een van ons weet meer wat gerugte en wat feite is nie".
Die gedagte maal in die vroee oggendure van 15 Maart 1901 deur Salome de Waal se kop toe iemand dringend aan haar kamervenster klop. Dit is die Boereverkenner Hans van Zyl wat wegkruipplek soek. Hans, 'n ou vriend van haar broer Piet, word Salome se enigste kontak met die Boere. Hoe moet sy die opwinding verstaan wat Hans se besoeke elke donkermaan meebring? Sy is immers getroud, al beskou sy haar man, Albert, as 'n verraaier omdat hy vir die Engelse werk. Daar is ook die sjarmante maj. Bruce Symington, wat deur Salome se andersheid betower word. Maar dis uit sy lessenaar dat Salome 'n treinrooster vir die Boere steel...
Salome raak so verstrengel in die spioenasienetwerk in Pretoria as in haar eie verwarde gevoelens, haar pligsbesef en haar oortuigings. Eers toe sy as hulpverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp gaan werk, word die oorlog 'n werklikheid en neem sake 'n onverwagte verloop.
JEH Grobler (Jackie) is a history writer. He was a senior lecturer in the Department of Historical and Heritage Studies at the University of Pretoria.,