Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek - P. J. Nienaber Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek - P. J. Nienaber
Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek - P. J. Nienaber Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek - P. J. Nienaber

Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek - P. J. Nienaber

Secondhand 1 available
R290.00
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Seller
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Product code
B438
Bob Shop ID
650529853

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 418
Uitgegee: 1972 (Tafelberg)
ISBN: 0624000974

My belangstelling in die studie van plekname het vroeg begin eintlik toevallig. Ek was in my Matriekjaar op Boshof toe my broer (prof. G. S. Nienaber), destyds onderwyser op Dealesville, gedurende die vakansie n aantal van sy leerlinge se opstelle nagesien het : die onderwerp was Plaasname in die omgewing van Dealesville. Toe hy saam met Pa dorp toe is, het ek my kans waargeneem en begin lees. Die opstelle was vir my so interessant dat ek self begin navraag doen het by die boere in die omgewing van Perdeberg na die oorsprong van hulle plase se name.

Die Desemher-vakansie het ek stilletjies onder Gawie se papiere begin krap, en ontdek daar n opstel van prof. A. Francken van Bloemfontein oor Pkwisnamen dit was in Nederlands gestel. Daarin behandel hy Portugese, Hollandse en Engelse plekname, en verwys ook na die boeke van Pettman en Botha. Skaars het ek aan die binnekant van die Universiteitskollege van Bloemfontein begin gewoond raak, of die professor in Hollands gee ons n opstel wat op navorsingswerk berus. Dit was n magtige woord, maar ek kies Plekname en gaan haal my eerste boeke uit die biblioteek : Pettman en Botha. Met diê opstel het ek indruk gemaak op die professor, en my verdere loopbaan as student was voorspoedig.

Hy het my later aangeraai om dit in Die Huisgenoot te publiseer : dit was n wonderlike ervaring om n mens se eie naam in druk te sien! Markus Viljoen, redakteur van Die Huisgenoot, het my aangemoedig om meer te skryfhy het my bekend gemaak : sy naam sal ek altyd in dankbare herinnering hou. Na my terugkeer uit Holland het ek voortgegaan met die studie van plekname. Met finansiële steun van die Nasionale Raad vir Sosiale Na-vorsing het ek duisende vraelyste oor die hele land uitgestuur ; deur die jare heen het ek voortdurend stof versamel, verskeie artikels gepubliseer, en radiopraatjies gehou.

Nou, na byna dertig jaar, het ek besluit om sekere van die gegewens in n Pleknaamwoordeboek saam te vat. Ten spyte van die massa feitemateriaal wat ek ingesamel het, is ek nog maar in die vlak water van die oseaan : ek het my in hierdie Woordeboek eintlik net op plekname toegespits : hoofsaaklik die oorsprong van die name van ons stede en dorpe. Siegs name waarvoor genoeg stof beskikbaar was, kom hierin voor ; ander name volg in die tweede en verdere dele. Dié Woordeboek behandel plekname hoofsaaklik kultuurhistories; soms gee ek miskien te veel van die geskiedenis van n besondere plek, en te min omtrent die oorsprong van die naam - maar ek glo dat dié informasie dikwels tog nuttig is.

Add to cart

Recently viewed

See more
Tenda Outdoor Camera Wi-Fi 2K
New
R879.74
Free shipping
17% OFF
Viceroy Jewels Women's Earrings (61071E000-00)
New
R695.43 R842.03
Pink Greatest Hits ...So Far!!! CD
Secondhand
R45.00
Free shipping
3% OFF
Lotus Jewels jewelry ls2232-1/1 (ls2232-1_1)
New
R679.64 R697.68

Similar products

Huldiginsgbundel P.J. Nienaber
Secondhand
R500.00
Die geskiedenis van die Afrikaanse Bybelvertaling(1934)–P.J. Nienaber
Secondhand
R150.00
DIE AFRIKAANSE ROMAN-TEMATOLOGIE DEUR P.J. NIENABER 1938
Secondhand
R199.00
Die geskiedenis van die afrikaanse beweeging - P.J.Nienaber
Secondhand
R145.00