| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Eerste uitgawe in 2000 deur Pharos Woordeboeke. Groot formaat (30 cm lank x 22 cm breed x 6 cm dik). Hardeband en binneblaaie in uitstekende toestand.
Met hierdie bielie van 'n woordeboek gaan jy selfs die taaiste blokraaisels op hul herrie gee. Dis die wonderlikste geskenk denkbaar vir 'n blokraaiverslaafde teen 'n baie goeie prys.
Met al die duisende nuwe woorde in Afrikaans vanweë die ontwikkeling van die tegnologie en die wêreldwye politieke en sosiale omwentelinge het Louise Pansegrouw onmiddellik ná die publikasie van haar Super Blokraaiselwoordeboek in 1995 aan die werk gespring om die bestaande materiaal aan te vul. 'n Duisternis nuwe woorde (waarvan talle nog nie in woordeboeke verskyn nie) van die radio en TV en uit koerante en tydskrifte is aangeteken – die resultaat is hierdie ekstradik, ekstragroot Super 2000 Blokraaiselwoordeboek. Soos altyd is die leidrade en oplossings in alfabetiese volgorde. Plus nuttige lyste van afkortings en akronieme, Romeinse syfers, die Hebreeuse en Griekse alfabet en die simbole van chemiese elemente.
Posgeld R50 deur PAXI (Pepstores) Selfs hierdie groot boek.