8 x hardeband liefdesverhale plus boekmerk-en-pen geskenkpak
Boekmerk geskenkpak bevat 2 x hond-skuifspelde, 1 x pen-aan-boek skuifspeld, 1 x papierboekmerk, 1 x Vincent van Gogh-Starry Night geïnspireerde pen
Blom van Venesië
Terri Massyn se droom om eendag haar eie klein plasie te besit, het haar aangespoor om 'n graad in landbou te verwerf. Maar pas nadat sy klaar studeer het, sterf haar ousus in Italië se Italiaanse man, en Terri vertrek dadelik daarheen om 'n ruk lank by Lana en die twee kinders te kan wees.
Na haar swaer se begrafnis kuier Terri by Lana op die eiland naby Venesië waar haar plaas geleë is en Terri begin dadelik betrokke raak by die boerdery. Die graaf Marco de Castellano, aan wie die res van die ciland behoort, is egter nie gediend daarmee dat 'n pragtige meisie soos sy in 'n blou oorpak geklee tussen die arbeiders doenig is nie- en die vonke spat sommer dadelik!
Reënboog op die Horison
Dokter Rhoda Kramer is uitsonderlik mooi, saggeaard en bate vroulik. Tydens haar vakansie aan die Kaap ontmoet sy vir Duarte, 'n aantreklike Portugese edelman.
Hulle raak in 'n kort rukkie hartstogtelik lief vir mekaar.
Dan volg die seer. Duarte verwerp Rhoda toe sy hom meedeel dat sy sy kind verwag en hy keer terug na sy vaderland. Om alles te kroon wil Rhoda se hooghartige ouers ook niks meer met haar te doen hê nie en belet hulle haar die huis.
Verstote en alleen moet Rhoda nou 'n nuwe lewe begin REËNBOOG OP DIE HORISON
'n Lang Vreemde Pad
Elise Eybers was nog nooit oorsee nie. Sy het in 'n weeshuis grootge-word en sy was maar net 'n onder-wyseres. Toe sy dos onverwags die geleentheid gekry het om oorsee te gaan, was dit vir haar 'n opwindende ervaring. Portugal was vir haar 'n interessante land. Daar lewe die mense anders, en hulle het ander gewoontes en tradisies as ons. Daar het sy ontdek dat 'n jong meisie nie toegelaat word om alleen uit te gaan nie. 'n Ouer vrou of duenna moet haar vergesel. Daar, het sy ontdek, het die meeste gesinne ook nog die gewoonte om self vir hulle kinders lewensmaats te kies.
Die leser sal meegevoer word deur hierdie boeiende liefdesverhaal van Susanna M. Lingua. Eers in die heel laaste hoofstuk word Elise se probleme opgelos en vind sy ware, blywende geluk.
'n Vreemde Strik
Wanneer die beeldskone, begaafde pianiste, Yvonne Duval, besef dat baar stiefvader in ernstige
moeilikheid is, spat haar beskutte bestaan aan skerwe. Skielik is sy verplig om haar eie besluite te neem, om haar bekende wêreld opsy te skuif. Ter wille van haar vader, willig sy in om met die onbekende Ryan Bergman te trou.
Maar dan ontmoet sy die aantreklike Ron Bergman, 'n familielid van haar vader se skuldeiser, en sy verloor haar hart.
Sy kan dié vriendskap egter nie aanmoedig nie, want sy vrees die dag wanneer die onbekende man sy bruid gaan kom opeis en haar gaan dwing om saam met hom op die eiland Mandara te woon.
Die Storm is Verby
Die pragtige, blonde Ronel Zeiler keer vrolik terug van vakansie af. Maar sy word begroet met die skokkende nuus dat die man wat sy liefhet, Mathys Louw, van plan is om aan iemand anders verloof te raak.
Sy is nog meer ontstel toe sy moet uitvind dat Mathys dit doen omdat die meisie, Enid Killian, baie ryk is. Boonop verdink die Portugese edelman en vriend van Enid, markies Duarte de Malandrinos, haar daarvan dat sy Mathys nie aan Enid wil afstaan nie. Dit veroorsaak heelwat onaangename situasies
Kasteel van die Arend
'n Eeue-oue kasteel troon grotesk en statig bo die dorpie waar hul tuis gaan, Porto di Farrago, uit. Rynie word so vasgevang deur die misterie daarvan dat sy rondverneem of sy dit mag skilder. Gevolglik ontmoet sy die eienaar van die kasteel, Markies Renaldo de Mazziani, en kom gou tot die gevolgtrekking dat hy genoeg gehad het van opdringerige vroumense wat kort-kort huweliksklokkies hoor lui. 'n Platoniese vriendskap ontwikkel tussen hulle en hy moet soms bontspring om haar uit die onmoontlikste situasies te red!
Die Son op die Horison
Verna Kertell se ouers en haar broer en sustertjie hat in 'n motorongeluk oungekom en daarna het sy alleen na Londen toe gegaan om haar musiek-studie voort te sit. Daar het sy Alice Stratton ontmoet. Alice het haar genooi om saam met haar te gaan na haar ouers toe op die eiland San Di Rago, en op die boot het sy die aantreklike hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort het, op 'n afstand gesien en dit was duidelik dat hy nie van haar gehou het nie. Op die skilderagtige eiland het 'n ramp haar getref en die hertog het hom soos 'n buffel teenoor haar gedra - totdat daar iets gebeur het wat hom tot ander insigte gebring het. Toe het hy op haar verlief geraak en hy wou met haar trou-maar sy wou nie, want daar was iets wat dit vir haar onmoontlik gemaak het. Die hertog wou haar egter tot elke prys sy hertogin maak.
Somer in Portugal
Wat doen 'n Afrikaanse nooi
wanneer 'n trotse, selfversekerde en baie aantreklike Portugese edelman haar vra om met hom te trou en in sy kasteel te gaan woon? Dít is die vraag wat Alicia Rheeder se hele lewe verander.
Alicia en haar twee vriendinne, Jacky en Suzette, pak 'n lang werkvakansie aan. Europa met al sy opwindende lande wag om ontdek te word deur die lewenslustige drie meisies.
Die vriendinne het hulle toerplan natuurlik fyn uitgewerk, maar in Portugal verloop sake anders as wat hulle gedink het dit sou...
Die hertog Manuel Henrique Dominico Besteiro de Poveiros kies Alicia om na sy susterskind, die klein Joana, om te sien. Joana se ouers het in 'n lugramp gesterf en sy is sedertdien in die hertog se sorg.
Alicia word Joana se kindermeisie omdat sy die geld broodnodig het, maar dan vereis omstandighede 'n huwelik tussen haar en die hertog...
Somer in Portugal bevat al die elemente wat Susanna M. Lingua se romans so gewild maak. Die leser sal hierdie heerlike liefdesverhaal ongetwyfeld baie geniet.