Uit die Iers: Middeleeuse gedigte vertaal deur Karel Schoeman
Secondhand
1 was available
R50.00
0% off
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R65.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 2 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die grootste rykdom van die Ierse taal is saamgevat in die tydperk tussen, sê, die jare 500 en 1200. In 432 n.C. het Pádraig die Christelike geloof na Ierland gebring, en die gevolg was 'n wonderlike kulturele opbloei. Gedurende hierdie eeu was Ierland die insula sanctorum et doctorum: geleerdes het van uit alle dele van Europa gekom om hier te studeer, en Ierse sendelinge het deurgedring tot by Ysland in die noorde en Italië in die suide. In hierdie eeue is die oeroue legendes en sagas in die kloosters te boek gestel, en is die oudste Ierse gedigte geskryf en opgeteken, grotendeels ook deur monnike. Hierdie anonieme gedigte word gekenmerk deur 'n besondere eenvoud, iets waartoe die Ierse taal hom by uitstek leen, en ook veral deur 'n innige kennis van en ver-troudheid met die natuur. They, first in Europe," sê Robin Flower in The Western Tradition van hierdie digters,,,had that strange vision of natural things in an almost unnatural purity." Die fynheid van waarneming, die ongekunsteld-heid, die gevoeligheid waarmee klein dingetjies saamgevoeg word om 'n betekenisvolle geheelbeeld te gee, die begrip van die waarde wat die alledaagse dinge besit en van die skoonheid wat daar in hulle skuil, is alles besonder kenmerkend van hierdie poësie, en trouens van die Ierse gees. Hardeband