R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Swart op Wit - Annelie Botes - Naledi - 2013 - Sagteband in baie mooi, skoon en stewige toestand.
In die boek Swart op Wit, vertel Annelie Botes van die hartseer maande nadat die rasorkaan om haar kop losgebars het. Sy het baie van haar tyd in die houtkerkie teen die fynbosheuwel deurgebring. Deur afstof en skoonmaak het sy haar eie binneste skoongemaak van bitterheid. Soms het sy gebrei. Oortreksels vir houthangers, omdat sy aan haarself belowe het sy sal nie selfmoord pleeg voordat al tweehonderd houthangers wat sy gekoop het, nie klaar oorgetrek is nie. Sy neem ons op ‘n reis deur haar lewe. Die onvertelde stories. Die lewe van ‘n mens wat nog nooit onreg kon verduur nie. Teenoor niemand, ongeag kleur of ras nie. Sy vertel vir ons dinge wat ons, haar getroue ondersteuners reeds weet. Dis die dinge wat gemaak het dat ons saam met haar in skok was daardie dag, 21 November 2010. Die Dag van die Lamppale – soos sy daarna verwys.