R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Sy perd staan gereed - H.J. Vermaas -Nasionale Boekhandel - 1962, nuwe uitgawe - 137pp - Hardeband met stofomslag in goeie toestand - Intern: pryswennersplakker, verder mooi skoon en stewig gebind.
Posgeld en verpakking R25.00
Dit is die aangrypende verhaal van Giel Snetlage, die onverskrokke perdetemmer, van Nita, sy nooientjie, wat intussen aan ‘n ander gegee is, en van Pêrel, sy vurige Arabiese hings. Van die agtergrond van hierdie verhaal, so vol spanning en avontuur, sê die skrywer:
“In die Witkoppe, waar die mense van ons kontrei altyd Nuwejaarsfeeste gevier het is die klofie. Teen die grou wand van die rots waaronder die perdetemmer volgens oorlewering vir die laaste keer met sy gesteelde bruid geskuil het, is die letters G.S. en N.S. uitgebeitel. Die oumense het vertel dat hy dit met sy bajonet gedoen het. Gedurende Nuwejaarsfeeste het verliefde paartjies ook hulle name daarop uitgekrap en met die loop van die jare het die rots die naam Minnaarsrots gekry.
“Op ‘n middag het ‘n klomp van ons jong seuns ‘n verslyte en verroeste hoefyster in die kloof opgetel. Ek het die hoefyster in my hande geneem, na die rots gekyk, en gewonder…Sou ek ooit eendag die aangrypende saga van die perdetemmer se vlug met sy beminde aan die vergetelheid kan ontruk deur dit te boek te stel?
“Verlede jaar het ek ‘n vlugtige besoek aan die ou feesplek met sy wonderlike natuurskoon gebring. Twintig jaar het verloop sedert daardie dog toe ons die hoefyster opgetel het. Ek het ook na die minnaarsrots gaan kyk…Die Nuwejaarsfeeste is vergoed verby; die rots met sy sondenlinge bekoring wat dit altyd vir oud en jonk ingehou het, is vergete en geen nuwe naam word nou meer daarop aangebring nie…Die tyd het ryp geword…”