| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Elke sabbatsreis het 'n dag van mre waarop die reis voortgaan. Soms huil ons in die nag, uit vrees vir dwaalgeeste. Soms lag ons in die hoogson, omdat ons ongedeerd by 'n klein bestemming aangekom het. Soms wen ons. Soms verloor ons. Baie kere is ons kinders ver. Ander kere naby. Daar kom tye dat die pilare van die huistempel wankel. Tye waarin ons teen die huispilare aanleun vir beskutting. Tog vind ons elkeen die krag om aan te hou loop, op pad na sy eie tabernakel, in die hoop dat ons offers aanvaar sal word.
In Tabernakel loop ons 'n paar dagreise ver saam met Annelie en die gryse deur North Riding se meenthuisstraatjies. 'n Reis wat toentertyd in die Karoodorp Uniondale begin het, en 'n draai deur in die Ooskaap gemaak het. En teen sonsak kyk ons op en sien daar het heeldag 'n bewaarengel bokant ons gevlieg.