Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die wolke trek vir 'n oomblik lank weg voor die maan en Rikus word yskoud. Halfpad agter een van die struike weggesteek, staan iets wat lyk soos 'n hond of 'n wolf. Die dier se oe glinster wreedaardig in die lig van die maan. Rikus is so naby dat hy die dierasie se harige gesig, weggetrekte lippe en dreigende slagtande kan sien. Rikus voel hoe die pizza in sy keel opstoot Stadig, doodstadig, kom die dier voor Rikus se verbaasde oë orent op sy twee agterpote. Maar die heel ergste is toe dit grom - 'n stadige, hees geluid wat agter uit sy keel kom. "Bloed