Tannie Pompie se Oorlog - In die Driehoek van die Dood (Grensoorlog)
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Sagteband, 224 bladsye. Baie goeie toestand. Geen inskrywings of merke.
In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradios ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed. Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in die destydse Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur dié gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val. Deon Lamprecht herskep die gebeure om n Swapo-hinderlaag in die gebied met n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kommandant Roland de Vries, bevelvoerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was.



