Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie is die 1983-1985 Olympos sagteband Tarzan boeke waarvoor ek nuwe omslae gemaak het. Ek was in die laerskool toe die reeks gepubliseer is, maar het toe al die volgende vrae gehad: Hoekom die "font" van die voorblaaie halfpad deur die reeks verander? Hoekom nie dieselfde kunstenaar gebruik vir al 12 voorblaaie nie? Hoekom is die uittreksels van boek 11 en 12 op die agterblad omgeruil? Hoekom is die reeksnommers nie konsekwent op die sykante aangebring nie?
Ek wou nog altyd probeer om dit self beter te doen, en hierdie is die resultaat. Al 12 boeke is inderdaad tweedehands, en hulle binne-bladsye is vergeel met die jare, maar met hulle nuwe baadjies lyk hulle splinternuut. So, as jy nog ooit al 12 sagteband Tarzan boeke wou gehad het, hier is hulle.