Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Tessa Louw, wie se mammie so skielik oorlede is, is maar 'n baie fyngevoelige mensie. Haar vader moet op 'n sakereis na Duitsland vertrek en daar die Desember-vakansie op hande is, neem hy sy toevlug na die De Vaal-gesin. Hierdie groot gesin bestaan uit 'n baie interessante klomp kinders, elkeen met sy eie persoonlikheid 'n gesin waar daar nog altyd plek is vir ander. Hierdie gesin vertrek na Buffelsbaai, 'n klein strandoordjie daar in Knysna se wêreld. Die leser vergesel die gesin op 'n interessante en leersame toer deur ons mooi land. Hierdie mooi jeugverhaal pas so reg in die kraam van elke kind. Die leser geniet saam van al die kaskenades, al die pret en vrolike ondervindings op die lang reis. Van verveling is daar op so 'n toer geen sprake nie. Tessa word deel van die De Vaal-gesin en wanneer die vakansie verby is, het daar vir haar 'n hele nuwe wêreld oopgegaan 'n wêreld om saam met ander te geniet. Hardeband Nostalgiese vintage Afrikaanse jeugroman Algehele goeie kondisie
Kondisie: 5