Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Wat kry jy? Elkedag-kos soos kiefaait-bredies, kerries met skop, ingelegde vis en gesmoorde soesys, maar ook seekospaella, Krismispoedings, Labarang-feesdisse, Mavrou (van lamsvleis) vir 'n troutafel en ander ghrĂȘnd goed. Daarbt kom die sweet en savoury waarmee Mzansi die lewe vier bollas, snowballs, roti's, samoesas, dhalthues en nog vele verleidings.
Ken jy nie van so 'n tuiskombuis nie, het jy dalk reeds 'n voorsmakie gekry in Tietie en Nanna se kwinkslae op Instagram en TikTok. Terwyl die potte prut, strooi die twee siezas so saam met die masala, dhanya, karamonk en jeera ook vrylik hul eie spices virrie lewe in. 'n Resepteboek waar memories en liefde saamsmelt, met elke roer van 'n pot.