Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Karel Schoeman beeld in Titaan die lewe uit van 'n groot figuur in die Europese kultuur geskiedenis, die skilder, beeldhouer en argitek Michelangelo Buonarroti, skepper onder andere van die beelde van Dawid en Moses, die Pita, die muur- en plafonskilderinge in die Sixtynse Kapel en die koepel van die Pieterskerk in Rome. Op impressionistiese en oorsigtelike wyse beskryf Schoeman die lewe, denke en werk van 'n groot kunstenaar, teen die agtergrond van die stede Florence en Rome, brand punte van die Italiaanse Renaissance, in 'n tyd van kerklike agter uitgang en politieke geweld, wat egter gepaard gegaan het met ongekende geestelike en materile opbloei."Met hierdie werk verbind Karel Schoeman die twee genres waartoe hy soveel belangrike bydraes in Afrikaans gelewer het, naamlik roman en historiografie, en slaag daarin om hulle op 'n bewonderenswaardige manier met mekaar te verenig."