Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Daagliks net na 17:00 bel ek 'n luisteraar om te hoor wat maak hulle vir aandete. Ons het al wonderlike oomblikke beleef rondom die kospotte. Ek glo dit maak die pad korter, en gee jou idees vir aandete. Almal moet tog eet vanaand! Die afgelope drie jaar lees ek ook daagliks saamrybriewe van mense wat vertel van hulle rit saans huis toe. Die briewe is almal geskryf deur mense wat probeer sin maak van hul daaglikse bestaan. Sekere briewe is snaaks, ander is ontroerend. Ek het tien van die gewildste saamrybriewe ook in hierdie boek inge-sluit. Kos is 'n bestanddeel van reis, ons almal is op pad. Dankie dat jy saam Tjaila in die middae, en my ook al gewys het hoe lyk die pad huis toe.
Kondisie: 2