| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Amore Bekker se stem word al vir die afgelope 20 jaar in ons huise gehoor. Sy was by streekradiostasies in die Wes- en Oos-Kaap betrokke en is sedert 2007 by RSG waar sy op weeksdae Tjailatyd tussen 3 en 5 nm. aanbied. Amore het al verskeie toekennings vir haar uitsaaiwerk van die ATKV gekry en in 2010 word sy as die luisteraars se gunsteling-aanbieder aangewys. Tjailatyd is 'n huistoeryprogram wat mense se batterye vir die aand herlaai met lekker musiek, interessante praatjies, speletjies, en dan die hoogtepunt van die program so net voor 5 uur - tjailaresepte! "Ek praat myself en die luisteraars so honger, die minste wat ek kan doen, is om hulle huis toe te stuur met 'n idee vir aandete!" In Tjailaresepte is die RSG-luisteraars aan die woord met praktiese, watertandresepte vir elke dag van die week. Dit wissel van ou familiegunstelinge tot moderne kitsresepte wat alledaagse bestanddele gebruik wat in jou koskas is.| By: | Amore Bekker |
| Pages: | 149 |
| Publisher: | Naledi |
| Format: | Paperback |
| Isbn: | 0-620-47289-8 |
| Isbn13: | 978-0-620-47289-0 |