R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Tjeb, die spoorsnyer - Jan J. van der Post - Tafelberg - 1971 - Hardeband metstofomslag im mooi, stewige toestand.
,,Skielik steek die spoorsnyer vas. Hy vryf sy oë en kyk weer. Kan dit wees dat hy to veel aan die witman se stories gedink het en dat die maan nou die witman help om hom te terg? Hy loer oor sy skouer en sien die glimlag op die groot jagter se gesig. Toe kyk hy weer voor horn. Tjeb voel seker dat die maan hom uitgesoek het om aan hom te wys dit wat geen mens van die veld nog gesien het nie.”
Tjeb, baasjagter van die Duine, word ‘n grootwildjagter se spoorsnyer. Olifante, Ieeus en buffels ken hy, maar vroeg-vroeg leer hy dat dit veiliger vir ‘n spoorsnyer is om in ‘n hoë boom te klim as om op die grond te bly wanneer die groot wit jagter met hierdie diere slaags raak. ,,Tji! Boet!”dink hy,,,jy ry op ’n sebra wat miskien vinniger as die olifant kan hardloop, maar ek kan nie so vinnig wegkom nie!
Baklei julle klaar, dan vat ek kom kyk wie se bloed op die veld geloop het!”
Maar dis eintlik in die omgewing van die Okavango-rivier dat hy nuwe dinge sien en vreemde avonture beleef. Daar is die groot Iikkewane wat hulle gaan jag — en dit nogal in die middel van die nag; daar is ook die waterdiere met die baie vet; en Tjeb ontmoet ook die kriekmense, mense soos hy, maar wat nou in die riete langs die water woon.
Hierdie interessante gebeurtenisse word deurgaans deur Tjeb se oë gesien. Sodoende verkry hierdie boeiende gegewe ‘n suiwer perspektief en word die baie lagwekkende situasies waarin Tjeb hom kort-kort bevind, besonder humoristies weergegee.
En dan is daar nog Tjeb se heldedaad wat ‘n treffende hoogtepunt in hierdie boek vorm.