Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Vier vroue in hulle veertigs. Aan die buitekant die ene glitz en glamour. Aan die binnekant vol pyn en drama. Suzanne, pleaser vir haar man en kinders. Die menopouse-wolf hamer aan haar voordeur en haar man se oë dwaal na groener weivelde. Christel, haar kinderlose, wyser-as-die-wêreld suster, 'n celeb op Italiaanse spykerhakke. Sy staan voor 'n skeipaartie waar die Bird of Paradise 'n paar glansgroen vere gaan verloor. Adri, koel sakevrou, mik na die Who's Who Map. Haar beeld van 'n man is werkloos, haar beste vriend Botox, haar verhoudings sonder siel. Lisa, dromerige ontwerper met 'n hart vir straathonde en bedelaars ... maar niemand durf weet van die blou kolle op haar lyf nie. Dan word Shelley, Suzanne se oudste dogter, in 'n swart gat opgesuig. En dié vier vroue se perspektief verander vir ewig.