Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
TOLLA IS TOPS is n klassieke steelkamera-komedie, met Suid-Afrika se oorlede groot storieverteller en komediant, Tolla van der Merwe. Tolla, wat eens n bekende persoonlikheid was, beroemd vir sy gereelde verskynings op Suid-Afrikaanse televisie se geselsprogram, Spies en Plessie is in die hospitaal op Middelburg oorlede nadat hy ernstige beserings opgedoen het in n motorongeluk in Mpumalanga.. TOLLA, wat deur vele beskryf word as n pilaar van humor, het gespeel in die rolprent, TOLLA IS TOPS, wat verfilm is aan die Weskus van Suid-Afrika, naby en om Clanwilliam en die Lambertsbaai-gebied waar Tolla die grootste deel van sy lewe deurgebring het. Die rolprent is n grappige kykie na Suid-Afrikaanse lewe, met n verkwikkende dosis kragtige komedie wat uitloop op n verfrissende en onvergeetlike klassieke Suid-Afrikaanse rolprent.