Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Karoliena Kapp is 'n allenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Sy is mooi en word gou raakgesien deur Johannes, 'n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van armoede losgewikkel het.
Nog voordat sy 20 is, word sy met hom afgetrou en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan.
Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg to loop. Die dag na die troue weet sy: sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos weggevlug en haar vryheid verruil vir 'n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.
Terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: Wie's jy, wie's jy...
Soft cover, good condition. Slight foxing.