This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by CultureShop(no ratings)

Similar products

TREVOR NOAH The Daywalker CD Comedy Audio CD
R70
CD - Treffer na Treffer - Hit Mixes (2cd)
R39
CD, Ghapi - in die diepkant in - CD
R10
Stroopsoet (CD)
R25
Trike - Volle Militêre Eerbetoon (CD)
Trike - Volle Militêre Eerbetoon (CD)

Trike - Volle Militêre Eerbetoon (CD)

Secondhand
R195.00
Closed 31 May 24 17:45
Shipping
Standard courier shipping from R30
R30 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 2 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Get it now, pay later
Seller
CultureShop(no ratings)

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Bob Shop ID
615819314

Trike wemel van opwindende onwelvoeglikhede

Deborah Steinmair

Soms plant kunstenaars gewaagde lirieke in n sogenaamde hidden track wat inskop lank nadat die cd opgehou speel het. Raak n mens dus aan die slaap terwyl jy na die cd luister, neem jy later op subliminale vlak opwindende onwelvoeglikhede in. Trike se Volle militêre eerbetoon is in jou gesig, liminaal en libidinaal, subliem en ongesublimeer. Jy hoef nie te wag vir versteekte snitte nie. Steke, snitte en stote, alles spring in jou gesig asof vanuit n verruklike Pandora se doos. Die cd-omhulsel verskaf geen lirieke nie, maar meld die volgende: lirieke beskikbaar as jy mooi luister. Ek luister mooi.

n Mens wonder of jy altyd reg hoor. Het hulle regtig gesê: Mamma is op Valium en Pappa wil jou hard naai? Die volgende sin wys myns insiens hoeveel n mens in Afrikaans met n handjievol woorde kan sê: Hy was n sweter, n sweter, sy laptop vol kleuters. n Hele voorstedelike nagmerrie word opgeroep. In die cd-boekie sit die verstommend-kreatiewe Drikus Barnard, wat vir die woorde en musiek verantwoordelik is, saam met sy eweknie, Esme Evakwaad, by n tafellampie en peins. Albei het glimmende pankoppe en heelwat houding.

Esme het n ligte Engelse aksent wat baie goed werk: woorde word duidelik omlyn en klokhelder uitgespreek, soos in: Vroeg in die oggend rol ek my twak. Ek gaan sit plat op my gat. Haar stem is sensueel, koel, strelend soos n lugwaardin sn, druipend van sinisme. Saam streel, verlei, verruk en ruk Drikus en Esme die sinne. Melodieë is lieflik, hipnoties en verslawend. Na hierdie cd, konstateer ek onomwonde, kan n mens eindeloos luister. Almal wat ek al teëgekom het, het n onbeperkte toleransie vir Trike meer nog, raak hopeloos afhanklik van hul klank. In die LitNet-kantoor het dit al soos sigaretrook in die mure, mat en blindings ingetrek.

My gunstelingsnit is Skaamkoekie met die onvergeetlike:

Mamma het n souttert in die louoond bewaar
dis dubbel die plesier van n kerkbasaar
die doilies is verskriklik verruklik vir my hart
die sous wat Tannie opdis doen wonders vir my smart.

Die wêreld is n luislang wat aanhou en aanhou druk. Fok jou naaste, sing Esme, Daars Calmettes in die kakhuis, Daars n karkas in die slaghuis en ons almal sien jou praghuis, al jou skatte, jou meubels en jou matte. Vir diegene wat die wêreld voel druk, vir wie torings soos penisse penorent staan, wat deur rondings geteister word, wat soos n pot vol rooi yster oorkook, vir die dae wanneer jou highs nie by jou lows uitkom nie, vir dinge wat jou (wie weet why) move, (alles Drikus B se manjifieke woorde) skaf hierdie cd aan voordat jy op straat uithardloop en gil: ALLES IS VALS!

LitNet: 24 Mei 2004

EAN: 6009656490733

CAT#: onef1004

ONE F Music, 2004

CD: Excellent

Booklet/Sleeve: Near Mint

C01

More from this seller

View all
R30 shipping
Klopjag - 13/02 CD (Signed by band)
R195
R30 shipping
The Secret Knowledge: On the Dismantling of American Culture - David Mamet
R225
R30 shipping
Mani: Travels in the Southern Peloponnese - Patrick Leigh Fermor
R135
R30 shipping
Various Artists - The Best of the African Connection with Richard Nwamba Vol 2 CD
R150