Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Mol Sy en Pop het mos altwee hulle favourite advertensies. Soos die een van die drie beddens. Groot dubbelbeddens waarop 'n vrou alleen slaap en rustig wakker word op drie oggende op verskillende plekke. As sy so vanself kan wakker word, doodrustig, en as sy so alleen kan slaap op 'n strand met dolfyne wat spring daar voor in die bran-dertjies, op so 'n lekker groot bed met sulke sagte, warm beddegoed en drie verskillende nighties, dan sal sy ok lekker voel. Lambert Al wat horn nog weghou van die bottel, is as Treppie se hy gaan vir horn lat certify solat hulle horn kan vasbind op 'n trollie en force-feed tot sy lewer groot genoeg is vir uitvoer na Uganda. Dan raak Lambert heeltemal wit in sy gesig. En dan se Treppie ja, vang nou nog 'n fit ok, dan vat ons jou met stuipe en al groendakkies toe lat hulle met hulle eie oe kan sien ons sit hier met 'n malman. Dan loop Lambert na sy den toe en breek goeters tot hy afkoel.
Pop Sy onthou Pop se oe toe hy nou daar vir haar gekyk het. So of hy van 'n ver plek af kyk en meer sien as net dit wat voor horn is. Soos 'n sirkusolifant. Hoe ouer hy word, hoe meer kyk Pop uit sy oe uit soos 'n olifant. So 'n hartseer oog wat lyk of dit by 'n kykgat uitkyk. As sy reg onthou, het Pop se oe al op sy jongdag partykeer so gekyk. Treppie Basically moet hy vir haar en Pop en Lambert aan die voel hou, anders is hy in sy moer in. Dis net lat hy al hoe dieper moet grawe om by die voel van Mol uit te kom. Bloed en derms, dan eers gevoe-lens. Maar dis Lambert se werk, daai. Hy skroef vir Lambert net so effentjies op, dan gaan die self aan. Lambert dolwe, en as die are lekker oop le, kan hy inspection doen, om te sien of daar nog 'n bietjie strooigoud is in die dooie myne. Perels voor die swyne. Wie anders kan hulle sien vir wat hulle is?