Genre : Crime Fiction
Pages : 150
Size : 14x22 cm
Published : 1985
Condition : Very good with slight chafe marks on cover
Description : Hard cover no dust sleeve
"Onder dekking van die nag sluip hy rond. Hy breek in, bind mense in hul beddens vas en dreig hulle met die straf wat hy gaan uitdeel. Maar hy beseer hulle nie, rand hulle nie aan nie.
En hy lag vir adjudant-offisier Freek Burger. Hy tart hom en daag hom uit om hom op te spoor.
Wie is hierdie geheimsinnige sluiper wat die speurders altyd ‘n tree vooruit is, wat toeslaan waar hulle dit nie verwag nie? En wat is sy motief?
Freek Burger ontrafel die geheim stadig maar seker; hy weet selfs waarom die man so optree; ontdek waar hy volgende gaan toeslaan. En steeds help sy kennis hom nie, want hy weet nie wie die man is nie. Die man begaan eenvoudig nie foute nie, tot hy per ongeluk ‘n moord pleeg.
Trippe Trappe Trone is ’n speurverhaal vol opwinding en vrae wat eers aan die einde opgelos word en die leser in sy stoel vasgenael gaan hou."
(Save on postage, make use of combined shipping)