| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
'n Fotograaf kom die kinders by die skool afneem. Trompie en sy manskappe besluit om nie soos al die ander kinders vroom gesiggies op te sit nie, maar eerder te kyk wie van hulle die lelikste gesigte kan trek. Net wanneer Trompie voor die kamera gaan sit, daag die skoolhoof daar op. Trompie kan nie maak soos hy belowe het nie, en glimlag, anders as sy drie vriende, mooi vir die kamera. Die res van die Boksombende beland in die moeilikheid en hulle besluit om hul Grootkaptein daarvoor te straf. Aangesien hulle weet dat hy dink die meisies is mal oor hom, gebruik hulle dit as 'n manier om hom 'n lelike streep te trek. Wanneer die Boksombende uiteindelik weer opmaak, word die res van die dorp nie meer in vrede gelos nie. Hulle jaag Trompie se suster en haar vriendin lelik die skrik op die lyf. Hulle reel ook die Rugbywedstryd van die Eeuen moet boonop 'n onnutsige agtjarige knapie leer om mens te word. Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie regeer beslis nog altyd op Kwaggaberg!