Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Trompie en Rooie sien nie kans vir 'n mondelinge toets nie en besluit om stokkies te draai. Natuurlik lei dit tot twee baie seer sitvlakke en Trompie besluit om 'n nuwe blaadjie om te slaan. Ons held lees in 'n tydskrif wat die kenmerke van 'n uiters suksesvolle mens is. Hy besef dadelik hy voldoen aan al die gestelde vereistes, behalwe miskien dat hy effens meer beleef teenoor ander mense kan wees. Hy is so vriendelik en bedagsaam, almal wens eerder die ou Trompie wil weer terugkom. Uiteindelik is dit Rooie se uitdaging wat Trompie beproef: die Boksombende se Grootkaptein moet na donker vir 'n uur alleen in die spookhuis op Kwaggaberg se bult te bly. Niemand kon dit nog ooit regkry nie. Sal Trompie dit kan doen?