Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Boksombende het 'n probleem: Rooie se pa kan nie bekostig om vir hom 'n fiets soos die ander drie s'n te koop nie. Hy voel uitgesluit en wil uit die bende bedank. Dis net hier waar Trompie die Grootkaptein sy voet neersit en 'n plan van aksie loods om geld in te samel. Hy kort nie idees nie - Dawie is heeltemal reg wanneer hy se: "As jy so slim met jou skoolwerk is soos met al jou planne sal jy wraggies eerste in die klas staan, in plaas van amper laaste." Rooie kry uiteindelik sy fiets en die viermanskap ry vir die eerste keer op hul rooi gevaartes hoerskool toe. Hier moet hulle gewoond raak aan nuwe reels, nuwe onderwysers en ouer seuns wat hulle in die sop laat beland. Trompie begin ernstig rugby speel en word boonop as spankaptein gekies. Almal is beindruk met sy spel, maar hy moet nog leer wat spanwerk behels. Eers wanneer een van sy maats op die veld beseer word, besef ons held hy moet sy spelpatroon drasties verander...