Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Trompie lees 'n advertensie waarin 'n kragman beweer dat mans wat sy spierboukursus doen, deur meisies bewonder en deur vyande gevrees sal word. Die Grootkaptein besluit dit is presies wat hy in sy lewe nodig het. Boonop bewys hy weereens hoe 'n goeie entrepreneur hy is wanneer hy 'n slim plan prakseer om vir die spierdier se oefenapparaat te betaal. Dawie se ouers gaan vir drie maande weg en hulle oorweeg dit om hom by Trompie-hulle te laat bly. Soos gewoonlik kom daar moeilikheid (die keer met 'n donkie), en dit lyk of die koshuis die arme Dawie se voorland is. Maar 'n veel moeiliker tyd wag op die Grootkaptein en sy manskappe. Die seuns is nou in graad nege en die skoolhoof waarsku hulle om ernstig te begin leer en te vergeet van dinge soos bendes. Gaan dit die einde van Kwaggaberg se beroemde Boksombende wees?