Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Boksombende het groot pret met 'n dooie slang wat hulle oor die straat trek om mense die skrik op die lyf te jaag, maar dan begin die nuwe skooljaar. Kwaggaberg se skoolhoof besluit dat twee graad tien-leerders as junior leerderraadslede verkies moet word, en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Dit is egter nie altyd maklik om soveel verantwoordelikhede te he nie - die Grootkaptein se drie manskappe maak die lewe vir hom moeilik, want hulle dink hy sal hulle oorsien as hulle die skoolreels oortree. Boonop wil die senior leerderraadslede hom nie as een van hulle aanvaar nie. Om alles te kroon, beland ons held onskuldig in groot moeilikheid wanneer hy van 'n misdaad verdink word en homself nie kan verdedig nie. Trompie laat 'n matriekseun sy vuiste proe, maar besef dan dat sy vegvernuf hierdie keur nie genoeg gaan wees om sy bas te red nie. Sal hy dit regkry om sy naam in ere te herstel of gaan hy uit sy skool geskors word?