Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dis die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan 'n laerskoolseun se mooi kapsel - met rampspoedige gevolge! Asof dit nie erg genoeg is nie, kom 'n identiese drieling vir 'n week by Dawie-hulle kuier en hierdie meisies gee die Kwaggabergers behoorlik opdraand. Hulle skeur gedurig gek met die seuns en stof hulle uit in al wat 'n kompetisie is. Maar die vakansie is darm nie net vol kattekwaad nie. Trompie en sy vriende ontmoet 'n bedleende seun en maak geld bymekaar om vir hom 'n spesiale present te koop. Hulle hoor daar is 'n skrale kans dat hul nuwe vriend weer sal kan loop, maar dan moet 'n beroemde chirurg op hom opereer. Die probleem is, so 'n operasie sal derduisende rande kos en die seun se ma het skaars genoeg geld om vir hulle kos te koop. Ons sproetgesigheld besluit dis tyd om weer met een van sy vindingryke planne vorendag te kom...