Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Trompie se suster staan nou op trou en nou dink hy skielik hy weet alles van die liefde af. Hy en sy vriende het baie pret op Anna se troudag, maar wanneer die gaste begin dans, beland ons held - hierdie keur onskuldig! - amper in groot moeilikheid. Die lewe op Kwaggaberg is nooit vervelig nie: Dawie koop 'n muntstuk waarmee jy mense poetse bak, Rooie kry ontsaglik tandpyn en Trompie verbeel hom hy is 'n galante heer. Maar dan begin die rugbyseisoen by die skool en die Springbokke speel boonop in 'n internasionale toetsreeks. Nou draai die seuns se lewens net om een ding - hul gunstelingsport. Min weet hulle watter verrassing en eer daar nog op hulle wag. Ons held gaan die kans kry om vir almal te wys hy is 'n ware rugbyreus!