Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Trompie voel skuldig. Hy het gekul met sy uitskryfwerk en hulle onderwyser het vir hom gese dat baie kinders na hom opsien en dat dit sy plig is om 'n goeie voorbeeld te stel. Die Boksombende se Grootkaptein besluit om van nou af goeie dade te doen maar dis glad nie so maklik soos hy gedink het nie. Dit lei tot baie snaakse - en benoude! - oomblikke. Ons held beland in die hospitaal en word Durban toe gestuur sodat hy by 'n tannie van hom kan gaan aansterk. Die treinrit KwaZulu-Natal toe is 'n groot avontuur en Trompie baljaar so lekker in die see dat hy skoon vergeet van sy tannie en die polisie wat naarstiglik na hom soek. Wanneer hy uiteindelik terugkom in Kwaggaberg, moet die sproetgesig 'n boelie op sy plek sit, en leer hy 'n waardevolle les.