Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie. Hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet hy dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek - in die grot bo die kloof. Trompie en Rooie kom op die diewe af terwyl hulle die fietse op 'n vragmotor laai. Die Grootkaptein stuur sy maat om die polisie te gaan haal. Terwyl Trompie agterbly en die misdaadtoneel dophou, besluit die skelms om die pad te vat. Trompie klim agterop hul vragmotor en kort voor lank moet ons held vir sy lewe vlug...