Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die eksamen begin oor tien dae, maar Trompie voel dit is nog gans te vroeg om nou al te leer. Mens gaan mos net eenvoudig alles weer vergeet.Rooie en Blikkies besluit om saam met Trompie hierdie teorie op die proef te stel, maar Dawie weet soos gewoonlik van beter. Intussen is 'n nuwe seun in die skool besig om ons held se lewe te versuur deur allerhande stories oor hom te versprei. Dit word later duidelik dat hierdie vent Trompie wil dwing om teen hom te baklei, maar die sproetgesig is versigtig vir hom, want hy is groot en sterk en het 'n reputasie as 'n bobaasvegter. Dinge kom egter tot 'n punt wanneer die seun vir Dawie seermaak. Die Boksombende se Grootkaptein besluit tot hier toe en nie verder nie - die boelie moet op se plek gesit word. Omtrent al Kwaggaberg se kinders daag by die dam in die kloof op vir hierdie groot kragmeting. Gaan ons held die boelie op sy plek kan sit?