Uit die Plaaskombuis - Judy Badenhorst, Glenda Moody, Sarah Seymour
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Uit die Plaaskombuis - Judy Badenhorst, Glenda Moody, Sarah Seymour
Groente hoef nooit eentonig te wees nie, en vrugte kan ng heerliker smaak - dit is die boodskap van Uit die Plaaskombuis, 'n sprankelende kookboek vol smulplanne vir die plaasvars oes van Suid-Afrika. Die resepte dek al die ou staatmakers, van aartappels en patats tot pampoen, van ertjies en bone tot kool en spinasie. Dan is daar resepte vir die ietwat ongewone wat ons darem al in die afgelope jare leer ken het: lekkernye soos knolseldery, vinkel en okra wat nuwe eetavonture bied. En dan is daar die goeie gawes van die boorde, elkeen op sy tyd, van die eerste aarbeie van die lente tot die sonryp veselperskes van die hoogsomer.
Hierdie besondere kookboek is saamgestel deur drie vroue wat 'n suksesvolle plaasstalletjie omskep het in 'n onweerstaanbare aanloopplek wat koskenners van heinde en ver lok met 'n wye verskeidenheid van kraakvars plaas-groente en -vrugte en 'n verskeidenheid van brode, pasteie en terte, patees, piekels en glansende flesse konserf.
Verskeidenheid is dan ook die wagwoord by die resepte in hierdie boek. Daar is allerlei soorte soep, voorgeregte, bykosse en hoofdisse, slaaie en nageregte. In 'n wêreld wat al meer bewus word van die waarde van 'n gesonde dieet ryk aan vitamines, minerale en vesel (en waar vleis so duur is!) word groente en vrugte al belangriker. Met hierdie duidelike, maklike resepte - besonders maar sonder nonsies - kan 'n mens jou gesin gesond laat eet vir die pure plesier en nie soseer omdat dit "goed vir jou" is nie. Die seisoengids voor die boek stel 'n mens in staat om jou spyskaart na die seisoen te beplan, wanneer die produkte volop en op hul beste is. Die heel besondere register agter in die boek laat jou met 'n oogopslag sien watter geregte jy met elk van die groente- en vrugtesoorte kan berei.
Daarby sorg Shirley Friedman met haar ontwerp dat die boek 'n lus vir die oog is - outyds van atmosfeer dog met 'n goeie skootjie sofistikasie in sy nuwe kookavonture, sy baldadige tekeninge en sy pittige sêgoed. Hierdie pluksel uit die plaastuin is 'n aanwins vir die moderne kombuis en 'n heerlike geskenk. Dit is ook in Engels beskikbaar onder die titel The Old Cape Farmstall Cookbook.
Toestand: Baie goed
Formaat: A4 Hardeband met stofomslag
Bladsye: 95
Uitgegee: 1983 (Don Nelson)
ISBN: 0909238847

