Uys Krige - Die Naamlose Muse - Geredigeer en ingelei deur J.C. Kannemeyer
1 was available / secondhand
R145.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die Naamlose Muse - JC Kannemeyer - Protea boekhuis - 2002 - 283pp - Hardeband met stofomslag in baie goeie toestand - Intern soos nuut.
Posgeld en verpakking R30.00
Resensent: Joan Hambidge
Die naamlose muse (uitgegee deur Protea Boekehuis) bring J.C. Kannemeyer die digter Krige se letterkundige opstelle bymekaar. Die titel verwys na die ‘afwesige muse’, die ‘naamlose’ een: omdat daar waarskynlik ‘n beskermer vir literêre kritiek bestaan.
Met sy titel, skryf Kannemeyer, wou Krige waarskynlik aandui dat daar wel sprake van ‘n kreatiewe kommentaar op die taal en literatuur kan wees. Kannemeyer wys op die gemaklike woorgebruik en elegante skryfstyl (p. 7). Krige bewys myns insiens wel dat daar ‘n muse bestaan met sy geesdriftige stukke.
Lanklaas was die skryf van ‘n resensie so ‘n plesierige taak as met die lees van die biografie en Krige-opstelle. Die skandalige onderwaardering van Krige deur die Akademie is nou reeds immer bekend. Hoe ironies lees die opstel oor Ingrid Jonker nie? Dit is asof Krige ook hier ‘n oordeel oor sy eie digterskap uitspreek: “Kom ‘n digter te sterwe, tree hy sy noodlot tegemoet, stap hy deur die enkele feit van sy dood in sy lotsbestemming in, word hy sy eie noodlot. Anders gesê, van daardie oomblik word sy werk – nou ontdaan van al die bykomstighede wat tydens die digter se leeftyd die werk aangekleef het as gevolg van sekere aspekte van sy persoonlikheid of karakter, en ontdaan veral van die bloot tydelike oordeelvellinge van sy tydgenote – ja, vanaf sy dood word sy werk wat dit altyd voortbestem was om te wees: net sy werk, niks minder of niks meer nie”(p. 139).
By die lees van hierdie versameling sjarmante en insigryke opstelle kan ‘n mens sien hoekom Krige se uitsprake (letterkundig en polities) vir die meeste literatore soos ‘n visgraat in die keel gesteek het..... uittreksel