Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek in 'n baie goeie toestand - Lyk vir my splinternuut en ongelees. >>> Deel in die rykdom van ons land se “annerster” streek. Namakwaland is soos ‘n geslypte diamant. Dit het baie fasette wat ‘n mense eers regtig raaksien as jy dit van nader bekyk. En wie beter om dit teen die lig te hou as iemand wat self 80 jaar lank deur hierdie besondere streek geslyp is?
In Eenkantland, ‘n keur uit die werk van Theunis Uys, maak die leser kennis met al die fasette van Namakwaland se rykdom: die veld, die diere, die streeksgeskiedenis, diamantsmokkelary, boerdery, gunstelinggeregte, rygoed, gebruiksartikel, snaakse gebeure en streekseie verskynsels, maar bowenal met sy mense – Sandvelders, Binnevelders en Boesmanlanders…
“Theunis Uys laat ‘n mens dinge sien wat jy nog nie gesien het nie of nog altyd misgekyk het.” – Dana Snyman –
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir elk van jou verdere boeke – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd.