Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Andries Enslin
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
"Met nederige eerlikheid nooi Andries jou na sy eie pad van val en opstaan, sterf om te leef. Hy help jou om die Paaslewe op te neem. Om die ou-ou waarheid te verstaan van 'n Redder wat jou wil help om jou alles te gee en sy alles te ontvang."
Koos van der Merwe skrywer, teoloog en musikant
Miskien was jy al lus om te sê: Waar is die vorm wat 'n mens invul om uit die lewe te bedank? Ek is klaar met die rat race. Klaar met die verantwoordelikhede en die stres. Klaar met die seerkry en die pyn. Klaar met hoop dat môre beter gaan wees.
Andries Enslin is self deur 'n lewenskrisis. Hy was moeg en uitgebrand, maar hy het deur sy seer gewerk, teruggewip en sterker anderkant uitgekom.
"Daar is 'n tyd in elke mens se lewe waar jy rock bottom slaan en glo daar is geen uitkoms nie. Ek het so 'n krisis gehad en ek wil jou graag help as jy nou deur 'n moeilike tyd gaan."
Andries het besef geloof beteken jy is heeltemal seker jou Pa is 100 persent in beheer van jou lewe. Of jy baie probleme het en of jou lewe seepglad verloop Hy is daar. In Val en opstaan deel hy sy storie en vertel hoe God hom op sy geloofspad gedra het.
Jy het 'n keuse: Gaan jy toelaat dat jou krisis jou definieer en jou vreugde steel? Of gaan jy sterker word? Dis nie maklik nie, maar dis hoe geloof groei. Gelukkig is daar goeie nuus: Jy sál daardeur kom met baie genade en met die liefde van 'n Pa wat jou nooit sal los nie.