Van Ovamboland tot Masjonaland: Die Suid Afrikaanse Polisie in die Bosoorlog - Louis Lubbe
2 were available / new
R480.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 6 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
2014 eerste uitgawe baie groot hardeband met 362 bladsye nuut. R60 posgeld in SA. SWA, Suidwes-Afrika, South West Africa, Namibia.
In Augustus 1966 klap die eerste skote by Ongulumbashe, 'n terroriste-basis wes van Oshakati in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika. Dit was die begin van die Bosoorlog wat 23 jaar lank sou aanhou - en uiteindelik in een van die langste oorloe in Afrika ontaard.
Kort na die skermutseling by Ongulumbashe is die Suid-Afrikaanse Polisie in die gebied, suid van die Angola-grens en ook in die Caprivi ontplooi om enige insypeling van SWAPO-terroriste na Suidwes-Afrika te stuit - met beswaarlik meer as 'n geweer, 'n khaki oorpak, Ford-bakkie, graaf, tente en toerusting om basiskampe mee te bou.
Terselfdertyd word lede van die SAP ook in 1967 na Rhodesi (nou Zimbabwe) gestuur en word (hoofsaaklik) al langs die Zambezirivier tot teenaan die Mosambiekgrens in Masjonaland ontplooi.
Ofskoon 165 polisiemanne in Suidwes-Afrika en 81 in Rhodesi dood is tydens die oorlog, fokus die boek nie daarop nie, maar wel op die ervaring van die individu en sy aanpasbaarheid en ondernemingsgees te midde van ontwrigtende omstandighede, teen die agtergrond van die oorlog. Hierdie boek vertel hulle verhaal ...
Hardeband, 380 bladsye & 650 fotos
OMTRENT DIE SKRYWER:
Louis Lubbe het grensdiens in Caprivi en Rhodesi gedoen as lid van die SA Polisie se TIN-eenheid tydens die Bosoorlog. Dit het die skrywer ses jaar en 16000 km geneem om fotos en stories te versamel.