| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman oor 'n wonderlike wereld van kameeldorings, rooi duine, leeus, narras, mahangu, kampvure en biltong. Terwyl hy met heimwee terugdink aan die ou Suidwes, kosbare raad aan jagters gee, sonderlinge karakters in herinnering roep en die natuurskoon van Suidelike Afrika op treffende wyse besing, skiet sy rubrieke nie aan humor te kort nie. Soos wanneer hy plaashekke dokumenteer en bevind dat die welbekende en welgehate konsertinahek, oftewel die smoelslaner, deur die duiwel geprakseer en deur Saddam Hoessein ge¿¿mplementeer is om die siele van goeie Christenmense te versondig. Maar met baie dinge het Doc Immelman vrede. 'Net solank die jagseisoen in die winter open en die kabeljou volgende naweek begin loop.'| By: | Doc Immelman |
| Pages: | 196 |
| Publisher: | Protea Boekhuis |
| Isbn: | 1-86919-436-5 |
| Isbn13: | 978-1-86919-436-9 |