R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 4 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die ink op die Vredesverdrag van Vereeninging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira en vyf makkers die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse heerskappy te bevry. Tien dae lank het die 'Ferreiras' die Kalahari op horings geneem en die Kaapse polisie laat bontstaan. Mense weet van die bekookte Jameson-inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval weet hulle niks nie.
Louis Bothma, onafhanklike navorser en skrywer van Die Buffel Struikel, Vang 'n Boer en Rebelspoor - het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep, en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas. Nadat hy die een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer Bothma die verhaal tot 'n dramatiese einde.
Alles het toe mooi uitgewerk. Die Kalahari steek sy geheime onder die sand weg. Goed so dat die houtkruis ook nou onder die sand verdwyn het. Jean en Flip hoef nie meer daardie kruis te dra nie. Hulle is nou vry.
2019. Sagteband. 496 Bladsye. Baie goeie toestand. Plastiek bietjie los getrek bo aan agertkant van die omslag.