Free shipping is available from Simunye books for all orders above R3,000.00, using one of our trusted couriers. Check my rate
Free collection is available from various lockers and counter collection points across South Africa, for all orders above R3,000.00 from Simunye books View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 1 business day.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
herwyl die vlaktes duskant Uppington droomverlore in die maanlig gelĂȘ het, het ek aan Matt White se woorde gedink: 'I want to die with my boots on.' Miskien was dit ook hoe die Ferreiras wou sterf? Die ink op die Vredesverdrag van Vereeninging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira en vyf makkers die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse heerskappy te bevry. Tien dae lank het die 'Ferreiras' die Kalahari op horings geneem en die Kaapse polisie laat bontstaan. Mense weet van die bekookte Jameson-inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval weet hulle niks nie. Louis Bothma, onafhanklike navorser en skrywer van Die Buffel Struikel, Vang 'n Boer en Rebelspoor - het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep, en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas. Nadat hy die een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer Bothma die verhaal tot 'n dramatiese einde. Alles het toe mooi uitgewerk. Die Kalahari steek sy geheime onder die sand weg. Goed so dat die houtkruis ook nou onder die sand verdwyn het. Jean en Flip hoef nie meer daardie kruis te dra nie. Hulle is nou vry.