R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Eerste Uitgawe, Tafelberg, 2013, Sagteband - Anglo-Boereoorlog - 221pp. ISBN 9780624056935.
Hoe moet dit voel om vir maande, selfs jare, van jou familie geskei te wees en geen idee te he of jy jou plaas en jou land ooit weer sal sien nie? Dit was die lot van duisende Vrystaatse en Transvaalse burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog krygsgevange geneem is. Veldkornet Charles von Maltitz se merkwaardige dagboek bied 'n blik op wat gevangenes in die kampe in Groenpunt, St. Helena, Ceylon, Indie en elders deurgemaak het.
Vir die meeste het dit fisieke ontberings en emosionele swaarkry gebring, vir sommiges selfs die dood. Met sy raak waarnemings skets hy 'n prentjie van die alledaagse lewe in die kamp: hoe die mans besig gebly het, hul verhouding met hul Britse bewaarders en hoe die politieke stryd tussen die hendsoppers en die bittereinders in die kamp voortgesit is. Daar is ook skokkende onthullings oor sekere Boervroue se ontrouheid gedurende hul mans se aanhouding.
Von Maltitz se lieflike humorsin sorg voorts vir kostelike beskrywings van mede-gevangenes en kamptoestande. Dit is ook sy humorsin wat hom red wanneer hy onsuksesvol probeer ontsnap uit sy kamp in Indie en daarna vir weke in eensame aanhouding is.
Ons kombineer posgeld, so kyk gerus na ons ander items wat aangebied word.
Please Click --->HERE<--- to see all the itemsPTO Booksis selling.