Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In vegters teen politieke boelies vertel Koot Jonker sy eerstehandse ervaring van die wit politieke gebeure in die aanloop tot die ANC-bewindsoorname in 1994. Dit is 'n binnekring mededeling van hulle wat weggebreek het van hul eertydse politieke tuiste, die regering van die dag. Hy skryf hoe dit 'n stryd geword het teen 'n regering met hul veiligheidsmagte (NI) en hul beheer oor die media (byvoorbeeld die destydse SAUK). Volgens die skrywer het die regerende party teen sy onderneming die kiesers van die dag op 'n kritieke oomblik mislei. Dit is die verhaal van 'n broederstryd van meer as tien jaar wat later gewelddadig geword het. Die dinamika van die 2009-verkiesing en die gepaardgaande veranderinge in die politieke landskap, maak hierdie insiggewende leesstof. Is dit waarvan die skrywer vertel, naamlik die soort boelie-tegnieke van die apartheidsregering, dit wat Mosiuoa Lekota (van COPE) die ANC van beskuldig? Die skrywer vertel ook hoe Mangosuthu Buthelezi, van die IVP, vir Ferdi Hartzenberg, destydse leier van die KP, in trane gebel het. Ook hoe Nelson Mandela vir Hartzenberg gese het: "Ek kan sien jy is 'n baie eerbare man"; en hoe ontsteld FW de Klerk in 'n stadium met Roelf Meyer was. Moes dit alles anders gewees het? Hierop antwoord die skrywer dat, as belydende Christen, hy glo in die toelatende wil van 'n lewende God. Die skrywer sluit af met verwysing na bekendes soos FW de Klerk en Pik Botha, asook na verskeie koerante se ontnugtering oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hy is hoopvol vir die toekoms en kom tot die gevolgtrekking dat vaderlandsliefde en eietrots onder miljoene swartes, bruines, wittes en Indiers 'n beter Suid-Afrika tot gevolg kan he.