Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie is ou skoolhandboeke met minimum potlood aantekeninge binne.
R30 posgeld en verpakking
Waaroor handel die boek?
Veldslag
novelles deur Karel Schoeman
Eerste druk was in 1965 - herdie is 1978 drukke
Die eerste novelle, "Veldslag”, het ontstaan toe Karel Schoeman nog universiteitstudent was; die tweede, "In Ballingskap”, enkele jare later. Albei staan in verband met die Tweede Vryheidsoorlog.
In "Veldslag” word verhaal van die mense (hoofsaaklik die vroue) op ‘n Vrystaatse dorp tydens die oorlog: die skrywer slaag op merkwaardige wyse daarin om die tekstuur van die lewe in daardie dae weer te gee met sy sobere en sekure taalgebruik. "In Ballingskap” speel in Nederland af onmiddellik ná die oorlog, en handel oor Afrikaners wat nie kans gesien het om onder die Britse vlag in hul land te bly nie, maar na Nederland vertrek het. Ook hier toon Schoeman hom ‘n uitstekende hanteerder van die taal om ‘n sekere atmosfeer uit te beeld.
Veldslag is Karel Schoeman se debuutwerk