Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Stephan Joubert
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
Besef jy regtig hoe waar die woorde "wat jy dink, bepaal wie jy is" is?
Die mens se brein is 'n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:
mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
en vele meer
Navorsing toon ook dat die mens se brein op so 'n unieke manier saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het dit ook 'n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink oor jou geloof as 'n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar jou hele menswees insluit.