Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
POSGELD: Voeg asb R60 by boekprys. Ons gebruik Paxi, Pep se koerierdiens. Verskaf asb die adres van jou naaste Pep op jou bestelling. 3 tot 5 ekstra boeke pas in jou Paxi-sak, steeds net R60. Vir vinniger versending, kies Courier Guy, R90 vir tot 2 kg.
Die hartseer en trauma van die Britse konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog.
'n Honderd jaar ná die einde van die oorlog 'n terugblik na die verskroeide aarde-beleid van lord Roberts en lord Kichener om die Boere tot oorgawe te dwing. Dié beleid het tot die instelling van die berugte konsentrasiekampe gelei, waar derduisende onskuldige bejaardes, vroue en kinders dood is, wit sowel as swart. Verskroeide Aarde skets die agtergrond tot die kampe aan die hand van historiese dokumente en gee 'n helder beeld van die lewe in die konsentrasiekampe. Dit bevat fotomateriaal waarvan heelwat nog nooit tevore gepubliseer is nie.
Eerste uitgawe in 2001 uitgegee deur Human & Rousseau, Kaapstad. Toestand: Uitstekend, amper nuut.